Wees verseker van Persoonlike, Vriendelike Diens en Uitstekende waarde vir geld.


Dolphin Inn is geleë  in die populêre Bloubergstrand area;  slegs 18 km vanaf Kaapstad middestad en 180 m van Dolphin Beach.  Ons verwelkom gaste al vanaf 1995 en is bekend vir ons uitstekende diens wat steeds gelewer word oor al die jare deur Pa en Dogter span, Madeleine en Bokkie.


Die gastehuis bestaan uit 8 netjiese, gerieflike kamers, elk met sy eie badkamer.  Daar is ook ‘n heerlike sonnige binnehof met swembad wat beskut is teen die Kaapse Suidooster.  Ideaal vir luilekker ontspan in die Kaapse Son.

Ons is nogsteeds "tops" in die Blouberg area
Die uitstekende ligging van Dolphin Inn is voorwaar ‘n trekpleister vir gaste.  Jy kan loop na die strand en die pragtige uitsig van Tafelberg geniet.   Dolphin Beach, Bloubergstrand, Small Bay & Big Bay is van die pragtige strande wat jy kan geniet terwyl jy by Dolphin Inn tuisgaan.   

Die seefront promenade is ook ideaal vir daardie oggend draffie langs die see.   Indien jy van meer aksie hou, kan jy gerus een van die talle watersporte uitprobeer.  Die area is wêreld bekend vir Branderplankry,  SUP, Seilplankry en en veral “Kitesurfing”.

Daar is ook talle restaurante en winkels binne loopafstand van die gastehuis.
Die “MyCiti” bus diens verbind Blouberg met die res van Kaapstad.   Die naaste bus stop is sowat  650 m vanaf die gastehuis, so dit is ook ‘n ideale manier om die Kaap te verken wanneer jy by Dolphin Inn tuisgaan. 

Madeleine en Bokkie jou vriendelike "Hosts"
BloubergstrandDolphin Inn Blouberg is die perfekte plek om te bly indien jy regte Suid Afrikaanse gasvryheid wil ervaar.   Dit is naby aan al die top besienswaardighede van die Kaap, maar tog bied die Blouberg area ‘n rustiger,  Weskus gevoel, weg van die gejaagd van die stad.


Bly by Dolphin Inn Blouberg en wees verseker van Persoonlike, Vriendelike Diens en Uitstekende waarde vir geld.


Vir die Beste Pryse, kontak ons direk by +27 215541309 of maak jou bespreking direk op ons webtuiste www.dolphinguesthouse.co.za 



As jy haastig is om jou volgende wegbreek na die Kaap te bespreek kan jy sommer nou net hier kyk of ons kamers beskikbaar het en maklik bespreek en betaal.